Net voor Kersfees~ 15 & 16 Nov'19 Featured

Op 15 en 16 November is Nataniël en sy musikante terug by die Etienne Rousseau Teater vir sy jaarlikse besoek aan Sasolburg!

NET VOOR KERSFEES is ’n vertoning van stories in beide Engels en Afrikaans, oorspronklike musiek, tydlose musiek, immergroen geliefdes uit die skatkis van soul, blues, jazz en pop. Humor, fantasie, waarheid en wonders, niemand mag hierdie geleentheid misloop nie!

Nataniël deel die verhoog met Charl du Plessis (klavier), Werner Spies (bas) en Peter Auret (tromme). Die opwindende versameling kostuums is weereens ontwerp deur Floris Louw.

Boeke, cds, keramiek en leefstylprodukte te koop by die Kaalkop-Kersfeeswinkel! Ook Nataniël se merkwaardige nuwe boek, KYK NA MY.

15 & 16 November om 19:00
Geen kinders onder 15
Bespreek nou by Computicket. Alle kaartjies R230.